Benjamin Franklin het eens gesê;“ a Nation that destroys its soil, destroy itself”
Fisiologiese landbou word ondersteun deur vrugbare, gebalanseerde, mikrobe-lewendige grond, wat insluit ideale chemiese balanse tussen alle makro- en mikro-elemente. Saam met voldoende organiese materiaal, grondmikrobes en grondstruktuur, word gebalanseerde gewasvoeding onderhou. Sodra gronde in balans is, sal grond-pH outomaties herstel. Die ideale grond huisves 45% voedingsminerale, 4-5% organiese materiaal, 25% water, 25% suurstof en 1% grondmikrobes per volume.